Hoekom Hierdie Blog?

cropped-sakoreaflags.jpg

Ek weet daar is honderde blogs oor Suid Korea, meeste van hulle is in Engels.

Aangesien ‘n kwart van alle Suid Afrikaners met grade al in Suid Korea was, is daar seker ook ‘n paar Afrikaanse blogs oor Suid Korea op die web… …êrens, ek het nog net nie gaan soek nie.

Hierdie blog gaan oor Korea 101 soos ek dit ervaar.  Ek is nou al amper drie weke in die land ( ek het Januarie 2014 aangeland) en aangesien ek al in die Ooste Engels gegee het is die kultuurskokke nie té groot nie – meer daaroor later 🙂

Ek is (soos baie van díe wie my ken) redelik sinies  & tong in die kies oor feitlik alles in die lewe, so moet tog nie hierdie blog ernstig opneem nie.  Ek gaan sê wat ek wil en as jy nie daarvan hou nie, staan dit jou vry om net eenvoudig nie verder te lees nie.

Geniet dit en ek gaan probeer om so gereeld as moontlik te pos 😉